Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mathys `fluister'in Paarl

Mathys `fluister'in Paarl
 
2006-11-23


DIE lang man van min woorde, Mathys Roets, sing Dinsdag om 20:00 by Waterpoel op die Agter Paarl-pad.

Hy gaan al die gunstelinge van die afgelope tien jaar sing en ook van die nuwe materiaal op sy album ‘Fluister’.

Mathys was die eerste plaaslike sanger wat ’n DVD uitgereik het in SA.

“Almal het gedink ek is mal om dit te wil doen, maar ek het deurgedruk en ’n gehalte-produk die lig laat sien,” vertel hy.

“Ek’s ’n sanger en nie ’n groot performer nie, ek sit net en sing my liedjies en deel so myself met die gehoor,” som hy homself op.

Mathys vier vanjaar sy tiende jaar in die musiekbedryf en kies sy musiek self. Taal hoef nie ’n rol te speel nie, solank die woorde tot hom spreek.

Kom luister na hom in die intieme atmosfeer van Waterpoel.
Besprekings en aanwysings van Trudy Oosthuizen, 082-896-9863.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za