Liggiefees 2006
2006-11-23
DRAKENSTEIN se Liggiesfeeste strek vanjaar oor twee weke.
Wellington se liggies word eerste aangeskakel en wel môreaand. Die feesvieringe hou tot Saterdagaand toe aan.
Die Paarl volg op Donderdag 30 November en die fees hou aan tot Sondag 3 Desember.
Die gemeenskap sal getrakteer word met talentvolle kunstenaars uit ons Vallei, asook kunstenaars wat meer bekend is, onder andere Karin Kortjé, Gift Gwe en Robbie Jansen.
Op Vrydag 8 Desember is dit Saron se beurt. Die Saronian Brass Band tree op, asook Baron D, Liame Deminey en verskeie ander kunstenaars.
Gouda se Liggiesfees word op Saterdag 9 Desember gehou. Daar sal verskeie sang- en dansitems wees en die Kersverhaal gaan dmv ‘n poppekas vertel word.
More
News
|