Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gratis kinderboek vir Vigs-dag

Gratis kinderboek vir Vigs-dag
 
2006-11-23


INDIVIDUE en organisasies word uitgenooi om op Vrydag 1 Desember (Vigsdag) om 10:00 ’n funksie van Biblionef in die Taalmuseum in die Paarl by te woon.

’n Opvoedkundige kinderboek, ‘Brenda het ’n Drakie in haar Bloed’, sal bekend gestel word en aan belangstellendes geskenk word.

Dié boek, wat in al 11 landstale beskikbaar is, handel oor die ervaring van Brenda, ’n drie jaar-oue dogtertjie met HIV, en haar Nederlandse aanneem-gesin. Dit is ’n ware verhaal geskryf deur Brenda se aanneem-ma.

Die boek spreek die kwessie van MIV/Vigs op só ’n manier aan dat selfs kinders dit kan verstaan en het daarom groot opvoedkundige waarde.

Die skrywer, Hijltje Vink, sê in haar voorwoord dat sy die boek geskryf het omdat baie mense onder ’n wanindruk verkeer omtrent die maniere waarop ’n mens MIV of Vigs van ’n geïnfekteerde persoon kan opdoen.

Sy skryf: “Die meeste gesonde mense wil liefs wegbly van iemand met MIV of Vigs en besef nie hoe alleraakligs dit vir so iemand is nie.

“Die boekie is in die eerste plek bedoel as ondersteuning vir kinders (en volwassenes) met MIV en Vigs, in die hoop dat die vooroordele rondom hierdie siekte sal verdwyn.”

Individue en organisasies moet voor Woensdag 29 November by die Afrikaanse Taalmuseum by 872-3441 bespreek. Bywoning is gratis.

Een boek sal aan elke bywonende individu geskenk word en tien boeke aan elke organisasie.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za