Feesinspirasie
2006-11-23
DIE Paarl Tuinbouvereniging sluit hierdie jaar op ’n feestelike noot af. In samewerking met die tydskrif Rooi Rose word feesinspirasies Dinsdag om 09:30 by die Simondium Country Lodge aangebied deur genooide sakepersoonlikhede van die Paarl.
Die oggend begin met vonkelwyn; feestafels word ten toon gestel en ’n heerlike vingerbuffet word voorgesit.
Geskenkpakkies word uitgedeel deur Rooi Rose. Feestafels gestileer deur Rooi Rose, Eccentric Trading.; To Netts, Karma, Esmdu Toit, Gieter, Mint en Magnolia en Kika.
Kaartjies is R70 (nie-lede R75) Beperkte aantal kaartjies nog beskikbaar by Eccentric Trading. Kontak Yvette Frater (863-3976) of Wilna Rabe (874-1046).
More
News
|