Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Familiedag by hoërskool

Familiedag by hoërskool
 
2006-11-23


DIE oudstudente-unie van Hoërskool Noorder-Paarl hou eerskomende Saterdag ’n familiedag op die skoolterrein in Berlynstraat, van vroegoggend tot laat die aand.

Die verrigtinge begin reeds om 10:00 met ’n sjampanje-ontbyt in die skoolsaal.

Kaartjies vir die ontbytgeselligheid is byna uitverkoop, maar indien belangstellendes gou speel, kan hulle nog kaartjies kry deur Goola Poole te skakel by 887-8125.

Van die ander aktiwiteite sluit in ’n potjiekoskompetisie, wat reeds heelwat belangstelling uitgelok het.

Potjiekos-‘konings’ wat nog wil inskryf, kan Peter November by 082-368-9295 skakel.

Verskeie vermaaklikheidsaktiwiteite en -kompetisies, soos sakresies, eier-en-lepel-resies, veerpyltjies, domino’s, kaartspele, en ander, word ook aangebied.

Talle stalletjies, ’n snoepwinkel, ’n biertuin, hoenderbraai en ander kosverkope word aangebied om diegene wat honger en dors raak, tevrede te hou.

Aandenkings, soos glase, bekers, T-hempies en verskeie ander items om oudstudente aan NP te herinner, word ook te koop aangebied.

Vir die sportgeesdriftiges is daar langs die biertuin ’n sporttent met ’n groot TV-skerm waar die naweek se sport na hartelus geniet kan word.

Die aand om 18:00 word ’n disko/karaoke in die skoolsaal gehou.
Dit alles beloof om groot pret in te hou vir oudstudente en alle belangstellendes.

Die familiedag is nie ’n geslote funksie nie, en almal wat belang stel is baie welkom om die dag by die skool te kom uitkamp. Toegang is gratis.

Vir enige navrae, skakel die sameroeper, Peter November, by 082-368-9295.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za