Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sekuriteitswag vermoor in sentrum

Sekuriteitswag vermoor in sentrum
 
2006-11-23


GESKOKTE kerkgangers moes Sondagoggend verdwaas in ’n lyk vaskyk wat by die Markplein winkelsentrum op Wellington gelê het.

Vroeër die oggend het ’n stryery tussen twee sekuriteitswagte van die sentrum plaasgevind.

’n Winkelbestuurder, Yusuf Bouwer, het gesê dat hy en sy personeel om 10:30 in die winkel was toe hulle ’n geskree gehoor het.

“Teen die tyd dat ek gaan kyk het, het ek gesien hoe een van die sekuriteitswagte, Stembele Theledi (35), inmekaarsak.

“Daar was baie bloed en hy het vir tien minute gelewe voordat hy op die toneel gesterf het.”

Volgens ander ooggetuies het een van die sekuriteitswagte, André van Schalkwyk (33), Theledi gekonfronteer omdat hy glo besope was.

’n Stryery het ontstaan en Theledi is met ’n mes in die bors gesteek.
“Theledi het nog by my ingeloer vanoggend en gevra of ek nie dalk werk het vir hom nie,” vertel Yusuf.

“’n Mens verwag nie dat so iets reg voor jou voordeur sal plaasvind nie, veral nie op ’n Sondag nie.”

Winkeleienaars en die publiek is reeds geruime tyd ontevrede met die sekuriteit by dié winkelsentrum, veral na ’n gefnuikte gewapende roof in Augustus vanjaar.

Die sentrum het tydens die rooftog gelyk soos ’n toneel uit ’n aksierolprent toe lede van die polisietaakmag en die rowers skote op mekaar geskiet het.

“Ons voel dat daar meer gedoen moet word om die sentrum te beveilig. Verskeie vrouens is al in die kleedkamers aangeval en van hul selfone beroof,” het ’n bekommerde winkeleienaar gesê.

“Nou vermoor die sekuriteitsbeamptes mekaar, terwyl hulle veronderstel is om na ons te kyk.”

Van Schalkwyk het Maandag in die Wellington Landdroshof verskyn op aanklag van moord.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za