Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man sterf toe hy huis wil red

Man sterf toe hy huis wil red
 
2006-11-23


’n MAN het die afgelope naweek ’n vlammedood gesterf en nog twee mense is ernstig beseer, toe ’n huis in Simondium in ’n brand verwoes is.

Die tragedie het Saterdagaand afgespeel toe ’n skakelhuis by Bergrivier-plaas aan die brand geslaan het.

Rolene Camfer (17) vertel hoe haar pa, Abraham Leeuskieter (56), vir haar, haar sussie en niggie gered het.

“Ek en my suster, Claudine (12), en my niggie, Marazanne (13), het in die voorkamer gelê en slaap toe my pa vir ons wakker gemaak het.

“Hy het vir ons na veiligheid geneem en is terug in die huis om my ma, Francis Camfer, uit die slaapkamer te help. My oom wat gestremd is, Edward Camfer, het vir my pa die vuur help blus en hy het homself erg beseer.

“My pa is weer na die slaapkamer en ons het nie weer vir hom gesien nie. Ons het sy verskriklike gille gehoor, en toe het ons net die vlamme gehoor.”

Teen die tyd wat die hulp van die brandweer ingeroep is, was die huis reeds in puin.

Die huis van Pieter Rubyn wat langs die Camfers woon, is gedeeltelik beskadig deur die brand.

Nog ’n buurman, Johnny Williams, het gesê dat hy Saterdagaand wakker gemaak is deur die talle mense wat om hulp geroep het.

“Ek het vlamme gesien, maar ek kon nie water tap van die gemeenskaplike kraan wat ’n klein ent van die brandende huis staan nie, want oor naweke word die pomp by die rivier afgeskakel wat vir ons van water voorsien.

“Ek het toe rondgeskarrel en by al wat ’n huis is water gesoek om die brand te probeer blus, maar dit was te vergeefs.

“Stukkies van Abraham se beendere lê nog tussen die puin van die huis.”

Francis en Edward is na die Paarl hospitaal geneem met ernstige brandwonde. Edward het eergister ’n operasie aan sy regterarm ondergaan.

Die oorsaak van die brand word tans ondersoek.

In ’n ander brand is Khalemo Belabezi (24) Sondagaand dood toe ’n informele woning in Drommedarisstraat, Paarl, afgebrand het.

* Two people died in fires over the past weekend.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za