Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot planne vir stadion

Groot planne vir stadion
 
2006-11-23


UITBREIDINGS van R100 miljoen word beoog aan die Wellington sportstadion met die oog op die Sokker Węreldbeker, indien ’n bod aan die Drakenstein-gebied toegeken word.het geblyk by die funksie van die Wellington Sakekamer wat verlede week gehou is.

Die spreker, Jackie Abrahams (president van Boland Rugby), het verduidelik dat daar tans onderhandelinge plaasvind om Boland-stadion die tuiste van sokker in die Boland te maak, en sodoende ook ’n gasheer te wees tydens die 2010 Węreldbeker.

“Hawekwa jeugterrein is reeds verkoop aan ons vennoot, Fidentia, en daar word beoog dat dit in ’n topgehalte sportakademie omskep sal word, waar ’n węreldbeker-toerspan gehuisves kan word.

“’n Argitek is aangestel wat die węreldgehalte stadion op Wellington se huidige stadion sal ontwerp teen ’n koste van R100 miljoen.

“R5 miljoen is die afgelope boekjaar reeds spandeer aan die stadion se geriewe en as die bod bewaarheid word sal beide paviljoene afgebreek word om plek te maak vir nuwes wat meer as 30 000 toeskouers sal kan huisves. Dit is dubbeld die hoeveelheid toeskouers wat die stadion tans kan dra.”

Onderhandelinge is aan die gang dat sokker in die nabye toekoms by Boland Stadion gespeel word, maar inwoners het hul kommer uitgespreek oor die groot getalle mense en voertuie wat op die gebied sal toesak.

Klagtes is ontvang oor skade wat reeds aan private eiendom gerig word wanneer rugbywedstryde daar plaasvind.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za