Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tweekamp-atlete lyk goed

Tweekamp-atlete lyk goed
 
2006-11-23


DIE vierde Boland Tweekamp-ligabyeenkoms is die afgelope naweek by die Hoër Tegniese Skool Drostdy op Worcester gehou.

Die nuweling van die Hoërskool Bloemhof, Ilanda Botha, het veral beïndruk, terwyl Julandi Ramsauer (Hugenote), Burger Symington (Paarl Gimnasium), Sanli du Toit (La Rochelle) asook Jannie Briers-Louw en Suzaan Broodryk albei van Laerskool Paarl Gimnasium, ook goeie prestasies gelewer het.

Briers-Louw het die seuns o.13 afdeling gewen, terwyl Broodryk koning gekraai het in die meisies o.13-afdeling.

Ramsauer was die wenner in die meisies o.15 afdeling, terwyl Symington silwer verower het in die seuns o.17 ouderdomsgroep. Du Toit het die meisies o.19-item gewen.

Die volledige uitslae is: s.9: 1. Hugo Slabber (L/s Hug) 2. Johannes Jonker 3. Regert van Staden, s.11: 1. Nicholas Quenet 2. Phillip Jonker 3. Leroux Cloete (L/s Hug), s.13: 1. Jannie Briers-Louw (L/s P/Gim) 2. Hanru du Plessis 3. De Wet du Toit, s.15: 1. Bennie Fourie 2. Christiaan du Plessis 3. André Baya, s.17: 1. Rick Hambridge 2. Burger Symington (P/Gim) 3. Jonathan Joubert (P/Gim), s.19: 1. Johnathan Nel (P/Gim). M.9: 1. Alexa Haasbroek (L/s P/Gim) 2. Ansa van der Merwe 3. Rialene Nel (L/s P/Gim), m.11 1. Kyla de Wee (L/s P/Gim) 2. Juletha-Marie Dercksen 3. Jana van der Merwe, m.13: 1. Suzaan Broodryk (L/s P/Gim) 2. Alexandra Quenet 3. Marie Briers-Louw (L/s P/Gim), m.15: 1. Julandi Ramsauer (Hugenote) 2. Mariaan Zeeman 3. Erika Beukman, m.17: 1. Ilanda Botha 2. Wilna Beukman 3. Emma Bruwer, m.19: 1. Sanli du Toit (LaR) 2. Jenna Bruwer.

Die volgende byeenkoms word op 2 Desember by die Hoërskool Paarl Gimnasium gehou. Belangstellendes kan vir Marié skakel, by 082-553-2577.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za