Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples mis net uit teen Oostelikes

Peoples mis net uit teen Oostelikes
 
2006-11-23


IN ’n taai kragmeting op Daljosafat Stadion het Young Peoples Krieketklub Saterdag met slegs twee lopies teen Oostelikes verloor.

Die besoekers word vir ’n relatiewe lae totaal van 161 uitgehaal, danksy uitstekende boulsyfers van 7/33 deur Mark Borchards.

Oostelikes se voorste lopiemaker was Jonathan Clark (49 4x7).

Die tuisspan het egter baie van sy paaltjies weggegooi en so homself onnodig onder druk geplaas.

Imran Nackerdien (29 4x4), Wade October (25 4x3) en Borchards (23 4x2) het moedig gekolf na Peoples se totaal van 159.

Peoples II (175/8) het weer eens die klub se naam in ’n mate in ere herstel deur op Kraaifontein vir Oostelikes II (174) met twee paaltjies te klop.

Frans-Loots van der Merwe (3/10 in 10bb) was die beste bouler, maar goeie veldwerk het ook die besoekers se poging aangehelp.

’n Goeie spanpoging deur die middelorde-kolwers Phil Adams (38 4x2), Audin Carolissen (30 4x3), Jarier Alexander (22 4x2) en Marlin Carolissen (20 4x2, 6x1), het Peoples se sukses verseker.

Peoples III het ook vir ’n groot opskudding gesorg en die sterk span van Spes Bona op Daljosafat met agt paaltjies afgeransel.

Spes Bona word vir 110 uitgehaal, met Ryan Davids (4/23 in 9bb), Elmarco Janjala (4/30 in 9bb) en Jemaine Williams (2/16 in 7bb) wat die paaltjies laat kantel.

Peoples moker 112/2 in 20 beurte danksy ’n skitterende onoorwonne beurt van 93 (4x12, 6x5) deur Chester Kuiler.

Saterdag speel Peoples I (tuis) en II (weg) teen Coronation, terwyl die derde span ook weg speel teen Atlantis.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za