Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dubbeldoor-sege vir Wellington

Dubbeldoor-sege vir Wellington
 
2006-11-23


DIE eerste span van Wellington Krieketklub kon die naweek baie tevrede voel nadat hulle vir Paarl-Oos in twee agtereenvolgende wedstryde geklop het.

Saterdag was dit die groot kanonne van Wellington wat op hul tuisveld vir GM Thorp Paarl-Oos gestraf het, toe hulle 228/4 in hul 60 boulbeurte aangeteken het.

Die groot uitblinker was Sarel Wolmarans, wie se onoorwonne 75 twee grenshoue en vyf sesse ingesluit het.

Hy is goed bygestaan by die penne deur Bronwell Williams (35nun 4x2), terwyl Dawie Malan (38 4x4) en Pieter Bergh (29 4x2) ook goeie beurte gespeel het.

Tiaan Cloete met 2/26 was die besoekers se beste bouler.

Die Paarl-Oos kolwers se geneigdheid om groot houe te wil speel, het hulle duur te staan gekom en hulle is vir ’n skamele 94 lopies uitgeboender.

Geeneen kon meer as 20 lopies kry nie.
Wellington se Jozua Swanepoel (4/20) en Christo Ritter (2/19) was vernietigend met die bal.

Die volgende dag het dié twee spanne in die Paarl in hul Pro20 wedstryd kragte gemeet.

Wellington kry 144/9 ná 20 beurte, met Warren Groeneveldt (58 4x4) en Dawie Malan (21 4x2, 6x1) wat met die kolf inklim.

Dennis November (2/21 na 4bb) het die kolwers gepla, terwyl drie Wellingtonners uitgehardloop is.

Die tuisspan begin op ’n slegte trant en is ná die eerste beurte 2/3.
Morné de Vries se 31 (6x2) het egter ’n respektabele 101/9 op die telbord help sit.

Die besoekers se Christo Ritter (2/19), Josua Swanepoel (2/15), Riaan Jephtha (3/16) en Malan (2/22) het almal tot die 43 lopie-sege help bydra.

Saterdag was die klubs se tweede spanne op die New Orleans-veld in ’n ware riller van ’n kragmeting gewikkel.

Die lopies het behoorlik gevloei, met Paarl-Oos wat 290/8 in sy 60 beurte aanteken.

Garth Lewis (55 4x4, 6x2), Bruce Miller (42 4x6, 6x1), Rickie Pietersen (36 4x4, 6x1) en Clayton Blommetjies (29 4x4) het elkeen met goeie beurte bygedra.

Wellington se Christiaan Loubser (2/57) en Dan Bendon (4/78) het die paaltjies platgetrek.

In ’n desperate poging om die wenlopies met die laaste bal aan te teken, word die besoekers se laaste kolwer uitgehardloop met die telling op 288.

Nicky Roos (49 4x7, 6x2), Bendon (26 4x1), Cedric Williams (68 4x9, 6x1), Laubscher (60 4x4, 6x4) en Riaan Liebenberg (24 4x3, 6x1) het onder die boulers ingeklim.

Saterdag speel Paarl-Oos I (weg) en II (tuis) teen Malmesbury. Paarl-Oos III speel teen Paarl III op die Parys-veld.

Wellington I (tuis) en II (weg) speel Saterdag teen Hermanus.
Wellington hou Saterdag vir die eerste keer sy Golden Oldie Ses-aan-’n-kant Kriekettoernooi by die Welbedacht Oval.

Oud-krieketspelers soos Eric Simmons, Meyrick Pringle, Louis en Piet Koen, Eldine Baptist en Adrian Kuiper sal in aksie wees. Die toernooi begin om 08:30.

Wellington Krieket se korporatiewe gholfdag vind môre vanaf 08:30 by die Wellington Gholfklub plaas. Plek vir vierballe is nog beskikbaar en belangstellendes kan Piet Hanekom skakel by 082-801-6143.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za