Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wie ry net weg?

Wie ry net weg?
 
2006-11-23


GRAAG wil ek net aan die persoon met die wit Opel Corsa of Ford Bantam, wat Donderdag 16/11/2006 om halfeen skuins voor Max Pies in die Paarl geparkeer was, en wonder waar daardie lelike skraap onder langs sy regterdeur vandaan gekom het, sê ek kan jou help.

Ek het gesien hoe ‘n wit Toyota Camry met ‘n CA-registrasienommer, tot teenaan jou voertuig gedraai het en ‘n baie lelike skraap daar gelos het.

Die persoon, ‘n man met ‘n bril, het doodeenvoudig besluit om so gou moontlik weg te ry, sonder om ‘n nota by jou voertuig te los.

Maar wat hy nie in ag geneem het nie, dit was spitstyd en heelwat mense het sy doen en late sit en bespeur uit hul voertuie, aangesien hy die verkeer ‘n minuut of wat opgehou het.Kontak my by 072-2222-267 vir die registrasienommer. Ek hoop jy spoor hom op en ry hom oor die kole, want hy verdien dit.

T Horne



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za