Wie kan help?
2006-11-23
ONS as ouerpaar sukkel al 18 jaar met ’n seun op dwelms.
Hy is nou 35 jaar oud en na vele rehabilitasieprogramme en projekte is daar steeds nie veel beterskap nie.
Is daar iemand daar buite, ander ouers wat raad het of kan help dat ons nie net nagte wakker lê en alleen worstel met die probleem nie?
Wat kan help om saam ’n oplossing te probleem vind?
Die stories wat mense hoor oor smokkelhuise en wat daar gebeur, is werklik. Dis onnodig dat ons so getraumatiseer ons dag en nag moet deurmaak.
Kom ons staan saam en beveg en bemoedig mekaar.
Moeg geworstel
* Daar is hulp by Sanra in die Paarl (tel 872-5050 en 872-9671) asook by die organisasie Tough Love, 082-920-6701. - Red
More
News
|