Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man op fiets sterf grusaam

Man op fiets sterf grusaam
 
2005-05-05


’n PLAASWERKER van Noorder-Paarl het Vrydagaand grusaam gesterf toe hy deur vier voertuie getref is op die donker pad.

Pieter Jantjies (33) van die plaas Nooitgedacht het skemeraand op sy fiets huis toe gery van ’n buurplaas, toe ’n wit motor hom getref het.

Net daarna het ’n vierwielvoertuig hom getref en na die anderkant van die pad geslinger, waarna nog twee voertuie oor hom gery het.

Hy het op die toneel gesterf.

Hy word oorleef deur sy vrou, Lena, en twee jong dogters.

Die begrafnis is Saterdag 09:30 by die huis en om 10:30 uit die Baptiste Kerk, Noorder-Paarl.

* Die Hermonpad buite Wellington het die naweek twee lewens geëis.
Vrydagaand om 20:00 het ’n motorfietsryer gesterf toe hy na bewering ’n voertuig probeer verbysteek en beheer verloor het.

Louis Botha van Rhodastraat, Strand, is op slag dood.

Sondagoggend om 02:00 het ’n egpaar van Elandsbergplaas teen die pad gestap toe hulle voor ’n aankomende motor beland het.
Die man, Steven Hekla, is kort ná die botsing oorlede. Sy vrou is nie
ernstig beseer nie.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za