DBV kry nuwe wiele
2005-05-05
DIE Dierebeskermingsvereniging in die Paarl is altyd hard besig om dieremishandeling te voorkom.
Deesdae is hul taak sommer baie makliker nadat hulle ‘n splinternuwe mobiele kliniek aangekoop het.
Die voertuig is gekoop met fondse geskenk deur die Lotto en is omskep in ‘n mobiele kliniek sodat die diere van mense sonder vervoer ook deur ‘n veearts versorg kan word.
Dierewelsynsassistent Linda Groenewald moes spesiaal haar kode tien bestuurslisensie kry om die voertuig te bestuur.
Dr Desmond Stafford, veearts, en sy assistent Duggie Atkinson, het besluit om deel van die DBV Paarl se span te word om te help om dierelyding te verlig.
Deel van die taak is om diere te steriliseer en in te ent teen siektes en ook om opvoedingsprogramme aan te bied by klinieke en plase wat besoek word.
Verlede week het hulle ‘n sterilisasieprogram aangebied in Paarl-Oos met ‘n borgskap van Joy Cargill Balletskool.
Hierdie Saterdagoggend hou die vereniging ‘n straatkollekte. Die fondse word ingesamel vir nog opvoeding- en sterilisasieprogramme. Kontak Linda of Cindy by 863-2720 vir inligting oor landelike en ander besoeke.
* The Paarl SPCA has acquired a new mobile clinic.
More
News
|