Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gestremde seun vermoor

Gestremde seun vermoor
 
2005-05-05


DIE seun met die gebreklike lyfie, wat diep in die harte van mense van Suider-Paarl gekruip het met sy maklike glimlag, is vermoor.

Johannie Davids (19) van die plaas De Hoop, het ophou skoolgaan omdat die kinders hom oor sy hoepelbeen geterg het, het hy gesê.

So het hy elke dag tussen die plaas en die winkels van Suider-Paarl gedwaal, sonder om te bedel. Hy was goed versorg, deur sy ma Margaret en die Clift familie van De Hoop.

Dinsdag verlede week is sy liggaam in ’n wingerd op die plaas ontdek. Hy is sewe keer met ’n mes in en om die hart gesteek.
Johannie was ’n getuie van ’n moord twee jaar gelede, en die vermoede bestaan dat hy stilgemaak is voordat hy nou in die saak sou getuig.

Die gedenkdiens is Saterdagoggend in die pakstoor op die plaas De Hoop.

Speur/insp Robert Muller ondersoek die saak en sal inligting waardeer, veral oor die ure nadat Johannie die Maandagaand om 19:00 van Cape to Rio Fisheries se stoep huis toe gestap het .

* A retarded boy has been murdered in Paarl South.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za