Mark vir Kersfees
2006-11-30
’n HUISMARK propvol geskenke vir die Kerstyd vind van vandag tot Saterdag plaas by 3de Laan 6 in die Paarl.
Kom kies en keur uit die handwerk van 36 uitstallers. Daar sal ook koek en tee wees om aan te smul. Die mark is vandag en môre van 10:00 tot 19:00 oop en Saterdag van 09:00 tot 17:00.
’n Gedeelte van die opbrengs gaan aan die Sunfield huis op Wellington. Navrae kan gerig word aan 863-3188 of 872-7654.
More
News
|