Opskudding in Simondium
2005-05-05
DAAR was groot opwinding in die landelike gebied Simondium, suid van die Paarl, toe straatligte verlede Vrydagaand vir die eerste keer aangeskakel is.
Emile Andrews, superintendent van straatligte en lyne by die elektrisiteitsdepartement van die Drakenstein Munisipaliteit en verantwoordelik vir die logistiek van die aanskakeling, sę dit span die kroon op maande se harde werk.
Die ligte is hoofsaaklik bedoel vir voetgangers en die ligte skyn teen ‘n sekere hoek om nie motoriste te verblind nie. Burgemeester Herman Bailey het die ligte met afstandbeheer onder luide toejuiging aangeskakel.
Verskeie voetgangers het in die verlede hulle lewens verloor op hierdie “pad van die dood”.
Japie Cornelissen, plaaslike verkeershoof het ‘n blommekrans ter nagedagtenis van die slagoffers van padongelukke op die pad gelę.
Henry Valentyn, sekretaris van die wykskomitee, het as seremoniemeester opgetree.
Die verrigtinge is om 18:00 geloods met ‘n dankseggingsdiens in ‘n nabygeleë kerk wat bygewoon is deur die burgemeester, Herman Bailey en sy vrou, asook Charmaine Manuel, voltydse raadslid in die Drakenstein muisipale raad belas met gemeenskapsbeeiliging.
Almal het daarna in die helder verligte voetpad na Simondium Primęre Skool gestap waar die verrigtinge voortgesit en ook afgesluit is.
* Street lights have been switched on in the Simondium area.
More
News
|