Leraar groet
2006-11-30
NA 27 jaar diens aan Paarlberg NG-gemeente groet ds Niekie Marais en sy vrou, Nettie.
Hy lewer sy afskeidspreek om 08:30.
Ds Marais is ’n gebore en getoë Bolander, wat sy skool- en universiteitsloopbaan op Stellenbosch deur-gebring het.
Hierna was sy eerste gemeente Algoapark. Daarna was hy by PE Sentraal en die afgelope 27 jaar in die Paarl by die Paarlberg-gemeente.
Die Marais-egpaar bly aan in die Paarl. “Ons woon in ons eie huis, wat ons gekoop het toe die gemeente ’n vierde predikant gekry het.
“Die kerkraad het toe besluit om nie nog ’n pastorie aan te koop nie, maar liewer ons te help om ons eie te koop.
Ds Marais het nie groot planne vir die onmiddellike toekoms nie. “Daar is baie instandhoudingswerk by die huis wat wag.”
Hy is ook ’n ywerige tuinier, waarvoor hy nou meer tyd sal hê.
Die egpaar se enigste seun, Nico, woon in die stad.
Intussen sal ds Christo van Staden eersdaags die verpligtinge as vierde leraar opneem.
More
News
|