Nuwe galery
2006-11-30
’n KUNSHANDELAAR wat 75 top Suid-Afrikaanse kunstenaars se werke verteenwoordig, Ilze Fölcher, het haar onlangs in die Paarl gevestig.
Sy het tot onlangs toe die hele Suid-Afrika en Namibië deur getoer met kunsuitstallings.
Nou deel sy die gebou in Hoofstraat met Intermedia Printing .
Sy verteenwoordig kunstenaars soos Portché, Carla Bosch, Munro, Sonette Olls, Magret Otto, Estelle du Plessis, Phillip Britz, Adriaan Boshoff, Pieter Lessing, Marie Vermeulen Breedt en vele meer.
Hulle verkoop ook oumeesters, soos Vader Frans Claerhout, Gabriël de Jongh, Gregoir Boonzaier en ander.
Hulle het ’n opwindende Kersfees-afslag en gee 25% afslag op alle skilderye tot Saterdag 23 Desember.
Galery-ure is Maandag tot Vrydag 08:00 tot 18:00 en Saterdae 09:00 to 14:00.
Skakel hulle by 872-1135/7, 082-755-6871 of e-pos info@katjaartdealers.com. Besoek die webblad en neem deel aan hulle nasionale kompetisie, www.katjaartdealers.com.
More
News
|