Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bosman-familie trek saam in die Paarl

Bosman-familie trek saam in die Paarl
 
2006-11-30


DIE Bosman-familie sal op 19 April 2007 reeds driehonderd jaar in Suid-Afrika wees. Vir hierdie herdenking word 地 groot Bosman-saamtrek in die Paarl beplan vir die naweek van 20 tot 22 April.

Dit sal insluit 地 gedenkdiens in die Strooidakkerk, konserte en toere van Bosman-besienswaardighede asook die publikasie van 地 gedenkboek.

Enige Bosmans wat 地 troue beplan, is welkom om die Saterdag in
die Strooidakkerk by te dra tot die feestelikhede.

Die stamvader van die familie, die Nederlander Hermanus Bosman, het in 1707 op die skip Overrijp in die Kaap aangekom en as sieketrooster in die Drakenstein-gemeente gaan werk.

Hy het die plaas De Nieuwe Plantatie in 1715 bekom wat vandag die eiendom van die bekende Grande Roche Hotel is.

Hermanus Bosman het hom in 1718 beywer vir die oprigting van 地 eerste volwaardige kerkgebou vir die Drakenstein-gemeente in die Paarl wat die voorganger van die Strooidakkerk van 1805 was.

Uit Hermanus se nageslag stam daar meer as 7000 Bosmans wat op menige terreine hul plek in Suid-Afrika volgestaan het. Onder hulle is daar Herman Charles Bosman, bekende skrywer; Nallie Bosman, voormalige hoof-uitvoerende beampte van ABSA; Lourie Bosman, president van Agri Suid-Afrika.

地 Nuwe publikasie word tans saamgestel oor die geskiedenis en geslagsregister van die Bosmans wat van 1707 tot 2007 in Suid-Afrika geleef het.

Dit is 地 opvolgboek op Die Bosmans van Suid-Afrika: 1707-1965 van Sita de Kock wat in 1968 verskyn het.

Lede van die Bosman-familie en belangstellendes word versoek om met die navorsers en organiseerders van hierdie projek in verbinding te tree. Kontak my by isak@ capecitrus .com, tel 919-1262.

Isak Bosman



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za