Foeitog, Paarliete
2006-11-30
“GAAN ons binnekort die volgende voorbladopskrifte in die Paarl Post sien: “Talle inbrake by motors en huise ontstel inwoners van Noorder-Paarl” of “Ernstige aanranding skok Groenvleiers na onttrekking van Buurtwag”
Dit is ‘n groot moontlikheid, want van die buurtwaglede, 1357 in Desember 2005, was op 24 November net 756 lede oor, en van hulle het slegs 270 hul ledegeld van slegs R25 per maand ten volle betaal.
Dit is uiters skandalig dat mense so min vir hul veiligheid wil betaal en dan nog die vermetelheid het om te kla oor die hoë misdaadsyfer.
Skrik wakker, mense! Die buurtwag gaan ontbind en net julle gaan daarvoor blameer kan word. Ik heb gesergd!
Ansie Borman
More
News
|