Paarl Liggiesfees begin vanaand
2006-11-30
DIE Paarl se liggiesfees skop vanaand af met die aanskakeling van die Kersliggies, en dit hou aan tot Sondag.
Die gemeenskap sal getrakteer word met talentvolle kunstenaars uit ons Vallei, asook kunstenaars wat meer bekend is, onder andere Karin Kortjé (Vrydagaand), Gift Gwe (Saterdagaand) en The Boyz (Vrydag- en Saterdagaand).
Sondagaand as daar Kersliedere by kerslig met verskeie gospelkore en die Royal Stars Kersorkes wat optree.
Op Vrydag 8 Desember is dit Saron se beurt. Die Saronian Brass Band tree op, asook Baron D, Liame Deminey en verskeie ander kunstenaars.
Gouda se Liggiesfees word op Saterdag 9 Desember gehou.
Daar sal verskeie sang- en dansitems wees en die Kersverhaal gaan met ‘n poppekas vertel word.
More
News
|