Rokkies wil sy dra
2006-11-30
'n BEKENDE Paarliet, Anna de Villiers (78), tree hierdie week ná 45 jaar uit haar pos in die Paarl se oudste vrouemodewinkel, Pam Fashions.
Sy was jare by Norval Louw in diens en het sy seun Wynand, die huidige eienaar, se doeke in die einste winkel aangesit.
Die afgelope 20 jaar het sy saam met Wynand aankope gedoen, en altyd iets op die rak sien hang vir ’n spesifieke kliënt. Die modestuk het dan Paarl toe gekom en Anna het met die persoonlike aandag waarvoor sy so bekend is, geskakel: “Ek het iets vir jou.”
Anna gaan nou rus, terwyl Janet van Rooyen, wat self 28 jaar lank agter die blad het, en Sheryldene Baron, met 12 jaar diens, die fort verder sal hou in die winkel aan Jan Phillipsplein.
More
News
|