Dié talent het hulp nodig
2006-11-30
’n SUIWER, klokhelder stem lok ’n mens by La Musique Kunsteskool in Bredastraat, Paarl, waar Zolani Bongo besig is met sy sang-les.
Zolani neem nog net drie kwartale les, maar hy het ’n wonderlike talent, volgens onderwyser Mimi Haasbroek.
Zolani (13), ’n leerder by Mbekweni Primêr, sê hy sing solank as wat hy kan onthou en hy wil dit ook sy loopbaan maak.
Hy het reeds die Drakenstein Idols se hoërskole-afdeling gewen.
Nou soek hulle dringend geld om hom die naweek na die eindronde van die Yamaha Young-talentkompetisie by Carnival City in Johannesburg te neem. Daar bestaan ’n kans dat hy genooi kan word na ’n weeklange opname-werkswinkel by PyramidRox Recordings.
Mense wat wil help, kan Mimi skakel by 082-585-0632 of 872-6651.
More
News
|