Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gevaar op gladde pad

Gevaar op gladde pad
 
2006-11-30


DIE westelike gedeelte van Optenhorststraat in Noorder-Paarl was vir die grootste deel van die naweek gesluit ná ’n ongeluk waarin ’n vragmotor al sy diesel verloor het.

Die voorval het Saterdagmiddag omstreeks 12:45 plaasgevind toe ’n wit Nissan Sentra teen ’n aankomende vragmotor gebots het.

Die Nissan het die vragmotor skuins van voor getref en die vragmotor se brandstoftenk getref. Diesel het letterlik by Optenhorststraat afgevloei.

Van die 12 mense wat op die vragmotor was, het ses ligte beserings opgedoen.

Die bestuurder van die vragmotor, David Fisher, het gesę dat hy besig was om die plaaswerkers te vervoer na ’n plaas in Agter-Paarl.

“Ek was op pad na Hoofstraat, toe ’n wit motor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, uit die bloute uit in my vasgejaag het.

“Alles het so skielik gebeur en toe my voertuig tot stilstand kom het, het ek dadelik uitgeklim om na my passasiers om te sien.

“Gelukkig was daar net geringe beserings, en my twee dogtertjies wat voor by my gesit het, is ook by die hospitaal vir skok behandel.”

Alhoewel die Nissan erg beskadig was, het die bestuurder Caroline Jacobs en haar kleindogter, Tatham Truter, slegs ’n paar skrape opgedoen.

Caroline het gesę dat toe sy besef dat sy in die vragmotor gaan inploeg, het sy gedink dat sy en haar kleinkind gaan sterf.

“Iemand het beslis Saterdag na ons veiligheid omgesien.”

Die nooddienste het Saterdag en Sondag gespook om die diesel van die pad-oppervlak te verwyder om die pad vir verkeer veilig te maak.

* A road in Northern Paarl was closed for most of the weekend due to a fuel spillage following a collision.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za