Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland atlete blom vanjaar

Boland atlete blom vanjaar
 
2006-11-30


ATLETE van die Boland het die afgelope seisoen besonder goed presteer.

Dit kon duidelik gesien word tydens vanjaar se Boland Sportraad Presteerdersfunksie wat verlede week in die Paarl gehou is.

Tydens die geleentheid is presteerders in meer as 20 sportsoorte erkenning gegee vir hul prestasies tydens die afgelope seisoen.

Boland Atletiek se atlete het in al vier kategorieë die toekenning gekry vir die beste prestasie van die jaar deur ’n Bolandse sportman en -vrou.

In die afdeling vir senior mans het Janus Robberts met die titel weggestap. Hy het die toekenning gekry vir sy węreldklas prestasies in die gewigstoot-item. Hy het onder andere goud gewen by vanjaar se Statebond Spele.

In die senior vroue-afdeling is Janice Josephs vereer vir die beste prestasie deur ’n vroue-atleet. Sy is beloon omdat sy vanjaar die SA Sewekamp-rekord twee keer verbeter het en tans een van die voorste atlete in dié item ter węreld is.

In die junior mansafdeling is Wilhelm van der Vyver vereer vir sy węreldklas prestasies in die 100m en 200m.

Hy het vanjaar verskeie goue medaljes op internasionale vlak gewen en onder andere die węreldskolerekord gebreek in die 200m vir jeug seuns.

Die gewigstoot-atleet van die Hoër Meisieskool Paarl, Liné Barnard, het in die junior vrouekategorie koning gekraai. Barnard het vanjaar verskeie goue medaljes op nasionale en internasionale vlak gewen.

Asof dit nie genoeg was nie, het Robert Oosthuizen ook die toekenning gekry vir die belowendste atleet.

Oosthuizen het vanjaar die goue medalje gewen by die 2006 IAAF Węreldkampioenskap en onder andere ook ’n nuwe SA en Afrika-rekord opgestel in spiesgooi vir junior mans. Hy het ook as junior atleet gekwalifiseer vir vanjaar se Statebondspele waar hy sesde geëindig het.

Die toekennings volg kort nadat Boland se atlete drie van die vier toekennings verower het, by die Paarl Post Sportster van die Jaar Banket.

Tydens vanjaar se Sportpresteerdersfunksie van die Universiteit van Stellenbosch het die Bolandse atlete Janus Robberts en Janice Josephs onderskeidelik in die mans- en vroueafdelings die toekennings ontvang vir die beste atlete van die jaar.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za