Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Double V United lyk goed

Double V United lyk goed
 
2006-11-30


DIE sokkerspan van Double V United het die naweek vier waardevolle ligapunte ingesamel.

Die beroep op ander klubs om van hul spelers vir Double V beskikbaar te stel, het goeie reaksie ontlok.

Die klub van Greenhills United het vyf van sy spelers - Herschelle Windvogel (middeveldspeler en doelskieter), Gretchen Solomons (doelskieter), Ridowhaan Karra (middelveld), Nico Philander (sentrale verdediger) en ene Archlin (regter verdediger) - aan die klub beskikbaar gestel.

Saterdag het Double V teen die sterk span van Maties gespeel en ’n gelykop 0-0 uitslag afgedwing.

Die afwesigheid van die beseerde Robert Mdu en Elrich van der Westhuizen, het beteken dat Philander en Solomons in die begin elftal ingesluit is.

Die doelwagter, Bevin Christiaan is as die speler van die wedstryd aangewys nadat hy heelwat versekerde doele van die Matie-doelskieters afgeweer het.

Sondag het die Paarl-span vir Worcester Sokkerklub met 3-1 (1-0) geklop.

Mdu se terugkeer asook die debuut van Windvogel het meer variasie in die aanvalslinie teweeggebring.

Windvogel het sy eerste doel in die 20ste minuut met ’n aanskoulike kopskoot aangeteken.

Worcester het vroeg in die tweede helfte die gelykmaker aangeteken.

Die Paarliete het egter nie laat slap lê nie en is beloon toe Windvogel met sy tweede doel slaag.

Waarnemende kaptein, Osvaldo Cafica, wat in die plek van Double V se gereelde kaptein, die beseerde Arthur Gordon, gespeel het, het met sy eerste doel van die seisoen sy span 3-1 laat seëvier.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za