Matie kolwers kasty Bergrivier
2006-11-30
’n ONOORTUIGENDE vertoning met die kolf het Saterdag daartoe gelei dat Bergrivier Krieketklub met 55 lopies teen die besoekers van Universiteit Stellenbosch vasgeval het.
Maties behaal 229/7 in sy 60 boulbeurte, met Pieter Daneel (97 4x4) en Peter Laing (50 4x2, 6x3) wat onder die boulwerk inklim.
Die tuisspan se beste boulers was Eaton Petersen (3/35) en Lester Hendricks (2/50).
Bergrivier was reeds vroeg in sy kolfbeurt in die knyp, met die telling op 22/4.
’n Vasbyt poging deur Hendricks (80 4x11, 6x2), Ryan Mouton (29 4x3, 6x2) en ’n olike Adiehl Cassiem (23 4x3) het die tuisspan egter deurgaans hoop gegee.
Dennys Hobson (3/38) en Gerhard Strydom (2/16) het die Wellingtonners to 174 lopies beperk.
Bergrivier I (weg) en II (tuis) speel Saterdag teen Malmesbury.
More
News
|