Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples-bouler vier 21ste verjaarsdag met driekuns

Peoples-bouler vier 21ste verjaarsdag met driekuns
 
2006-11-30


’n DRIEKUNS deur die Paarliet, Lorenzo Jacobs, was die hoogtepunt in Saterdag se krieketwedstryd tussen Young Peoples en Pniel Coronations.

Dit was egter vir Jacobs ’n baie spesiale prestasie aangesien hy Saterdag ook sy 21ste verjaardag gevier het.

Dié bouler het in die vierdelaaste beurt toegeslaan toe hy eers die middelpen ontwortel het.

Met die volgende twee balle het hy ’n vangskoot vir die paaltjiewagter, Lindsay Davy, bewerkstellig en toe die kopknip van die skeidsregter gekry vir ’n been-voor-paaltjie beslissing.

“Ek kon nie vir ’n beter geskenk gevra het nie,” het Lorenzo vandeesweek gesê.

Dit is die tweede driekuns wat hy in sy klubkrieketloopbaan behaal. Die eerste het hy verlede seisoen ook teen Pniel Coronations behaal.
“Ja, dit lyk my dis my gelukkig span daai,” het Lorenzo oor dié toevalligheid gesê.

Jacobs se driekuns kon egter nie vir Peoples op Daljosafat Stadion ’n sege besorg nie.

Die wedstryd is aanvanklik vertraag weens ’n klam kolfblad. Die tuisspan behaal 216/9 in die verkorte 54 boulbeurte, met Mark Borchards (58nun 4x3, 6x2), Brendon Adams (43 4x7) en Imran Nackerdien (39 4x3) wat goed kolf.

Die besoekers se boulaanval is deur Freddie Hendricks (39 4x3) gelei.

Coronations vorder tot 175/6 voordat Jacobs se intrede die kolwers op 175/9 laat steier.

Coronations hou egter kop en kolf die beurte klaar vir die onbesliste uitslag.

Peoples kry egter die meeste punte uit die wedstryd.
Brendon Adams (3/33 in 14bb) het ook goed met die bal vertoon.

Peoples II (175/8) is steeds op die wenpad nadat hy vir Coronations II (174) op Pniel met twee paaltjies geklop het.

Frans-Loots van der Merwe (1/30 in 9bb), Elmarco Janjala (2/31 en 33 4x4), Marlin Carolissen (2/29 in 9bb), Phil Adams (3/34 in 15bb en 37 4x3), Brett Mitchell (1/3 in 2bb) en Dirkie Marais (40 4x5, 6x1) was Peoples se uitblinkers.

Peoples III (165) het met 40 lopies teen Atlantis (205) verloor.

Nolan Timmy (2/49 in 10bb), Jermaine Williams (2/46 in 9bb en 33 4x5), Gerswin Philander (3/28 in 10bb) en James de Wet (23 4x2) het moedig probeer.

Saterdag speel Peoples I (tuis) en II (weg) teen Wellington, terwyl die derde span ’n loslootjie het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za