DIE jaarlikse sportdag van die Laerskool Drakenstein word Saterdag by die skool aangebied. Rugby- en netbalwedstryde word van 08:00 tot 13:00 gespeel. Daar sal kosstalletjies, ‘n teetuin en ander vermaak beskikbaar wees. Toegangsgelde is R5 vir volwassenes (leerders gratis).