Fanie de Jager in amfiteater
2006-12-07
AANHANGERS van sanger Fanie de Jager kan hulself regskuif vir sy optrede Saterdag 16 Desember in die amfiteater op Paarlberg. Fanie sluit die program om 21:00 af.
Die hekke open om 17:00 en van 18:30 af kan marimbamusiek van Frank Pietersen se groep geniet word.
Ook op die program is luisterliedjies uit die hart (klavier, viool, tjello, klarinet om 19:30) en 地 koperblaas-kwintet (20:15).
Om 22:30 word daar kerse aangesteek en daar is samesang van Kersliedere.
Kaartjies is R70 (kinders R30) by die hekke of WilleMan Motors, Versterstraat, Paarl (872-1088). 地 Gedeelte van die opbrengs gaan aan die Paarl Post Opelugfonds.
Navrae by 082-791-4249 of 975-7541. Onthou 地 kussing om op te sit en 地 kers in 地 plastiekbottel.
More
News
|