Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Saron and Gouda festival of lights

Saron and Gouda festival of lights
 
2006-12-07


BEKENDE R&B sanger van die Paarl, Byron D wie se debuutalbum, ‘In the Bin’ goed doen, is die hoofkunstenaar by Saron se Liggiefees môreaand.

Hy tree op net ná die burgemeester die liggies om 20:30 aangeskakel het.

Ook op die verhoog is Morné M Meyer, wat onlangs sy eerste CD, ‘Freedom’, bekend gestel het.

Die program begin reeds om 17:00 met ’n sang deur die bejaardeklub en optredes van die Unexpected dansgroep, die Saronian Brass Band, die Tulbagh sanggroep, Bad Boys BBC, die Saron Rasta band en Liamé Deminey.

Daar is ook ’n Hip Hop-kompetisie, ’n marimba-orkes en die Ayford broers op die program. Later tree Afro Jazz open Nu Method maak ook hulle buiging.

* Gouda se liggies word Saterdagaand om 20:30 aangeskakel. Die program begin reeds die middag om 14:00 met ’n Sterkman-kompetisie.

Van 17:00 af is daar ’n vol program met Phillipine, ’n poppekasvertoning van ‘Christmas Story’, Fabian Smith, Celeste Swartz, Dynamics en Shevonne Williams. Ook op die program is Kainisa Dantai, Natasha Magalie, Timothy Kamfer, Aunty Maxie, Rowan en Fergus Ayford en die Point Breakers.

Later die aand tree die Twin Brothers, Young Flavours en Kirsty op.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za