Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hennie vir Kersfees

Hennie vir Kersfees
 
2006-12-07


KAARTJIES is besig om te vlieg vir die piekniekkonsert wat op Vrydag 15 Desember op die Picardie-gasteplaas in die Paarl plaasvind.

Die kunstenaars is Hennie Smit, die nimlike Bertie van die TV-sepie Egoli, en gospelsanger Alwena van der Vyver.

Mense besef nie aldag dat Hennie ’n vermaaklikheidskunstenaar by uitnemendheid is nie, wat gehore in die palm van sy hand kan hou met sy sang en grappe, maar ook ernstiger repertoire.

Tydens die onlangse Cultivaria-fees wou mense heeltyd weet waar hulle hom kan sien optree. Maar as gevolg van sy werk agter die skerms as raadgewer, was daar nie geleentheid hiervoor nie.

Nou is daar egter ’n kans waar mense dié besondere kunstenaar van naderby kan leer ken in die rustige atmosfeer van Picardie, teen die hange van Paarlberg.

Alwena is bekend as gospelsanger, maar sy sing ook ligte Afrikaanse en Engelse liedere.

Kaartjies vir die Paarl-konsert kos R80 elk en sluit ’n heerlike piekniekmandjie, wyn en koffie in. Komberse en stoele sal beskikbaar wees.

Kaartjies is beperk, so bespreek vandag nog by 863-3357.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za