Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Cultivaria kom weer

Cultivaria kom weer
 
2006-12-07


CULTIVARIA was 地 klinkende sukses en mense kan maar hul dagboeke nadertrek en die langnaweek van 21 tot 24 September 2007 solank afmerk. Die dinee in Hoofstraat sal weer die voorafgaande Donderdag, 20 September, plaasvind.

Volgens die organiseerders het 地 totaal van 29 789 mense betaal om die fees by te woon.

地 Totaal van 18 612 kaartjies vir produksies uit 31 820 is verkoop - 地 besetting van 58,49%. Dit sluit nie die emporium, fietsryers, wyn- en kunsroetes in nie.

Dit is verreweg die beste saalbesetting van enige fees in die land, as daar na kapasiteit gekyk word, volgens die organiseerders.

Die vyf topproduksies, op kaartjieverkope, was Tydloos, Laurika Rauch, die Kersfees DVD-opname, Pleiboyz en Chris Chameleon.

Volgens organiseerders Gerhard Meyer en Uys van der Hoven het hulle heelwat planne om die fees nog beter te maak.

Hulle gaan onder meer kyk na beter bordaanwysings, personeelopleiding, 地 kunsmark, musiek by die emporium en beter opgeleide venue-bestuurders.

Die moontlikheid van kampeer-geriewe word ook ondersoek.
Drie van die hoofborge, FNB, Drakenstein Munisipaliteit en KWV, is weer deel van die fees.

Mense wat betrokke wil raak, kan 872-9754 skakel.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za