Vrede op aarde en by Waterpoel
2006-12-07
DIE besige Agter-Paarlpad is besig om allerhande afleidings te verskaf.
Meer en meer plase bied ietsie te eet en drink, kuns en besienswaardighede.
Waterpoel bied rus en stilte, pragtige klein geskenkies en versierings en ook heerlike lafenis met ’n kaasbord en sangria.
Behalwe reuse ou eikebome en koelte sal jy ook glasware van Egipte, kaartjies, kruise, kerse, harte en sterre, kuns, gekleurde springbokvel en olyfprodukte van Somerset-Wes, Stellenbosch en Riebeek-Kasteel hier vind.
Waterpoel winkel is oop vanaf laatoggend, nadat die eende kos gekry het, die laventel water gekry het en vars brood gaan haal is.
Bel Trudy by 082-896-9863 en bespreek ’n tafel of val sommer net in.
More
News
|