Skenk nou bloed
2006-12-07
DIE Kerstyd is ongelukkig berug vir die hoeveelheid motorongelukke wat landwyd plaasvind, wat lei tot ’n ernstige tekort aan bloed.
Die Bloedbank in die Hoofstraat van die Paarl het die afgelope week ’n veldtog gevoer om mense aan te moedig om bloed te skenk.
Hierdeur hoop hulle dat hulle ekstra voorraad kan opbou vir die besige tye.
Gewoonlik is die kliniek slegs oop vir skenkings op Donderdae, maar hierdie week kon skenkers elke dag die kliniek besoek.
Kandidate wat bloed skenk, moet gesond wees, tussen die ouderdomme van 16 en 65 wees en moet meer as 50kg weeg.
Mense wat aan hierdie voorwaardes voldoen, kan vier keer ’n jaar bloedskenk, en sodoende kan daar ’n konstante voorraad van hierdie ‘rooi goud’ wees.
Persone met veelvuldige seksuele verhoudings of wat dwelms misbruik word afgeraai om bloed te skenk.
More
News
|