Sloerdery met vullis
2006-12-07
VULLISBLIKKE wat oorloop op die sypaadjies en ‘n klankie wat ‘n mens na jou sakdoek laat gryp - dit is hoe die meeste plaaslike inwoners die afgelope week beleef het, nadat 'n klein groepie munisipale werkers op ‘n sloerstaking gegaan het.
Die munisipaliteit bedank vandag die publiek in ‘n advertensie vir hul geduld tydens die ontwrigting.
Skynbaar was ‘n geskil oor posvlakke, en dus loongeld, die oorsaak van alles.
Daar was glo verskeie vergaderings om hierdie saak te beredder, maar die werkers het steeds van Donderdag 30 November op ‘n sloerstaking gegaan.
‘n Finale vergadering is vroeër die week gehou waarby al die sake afgehandel sou word.
Die vullisspanne werk nou weer voluit en is besig om in te haal op die agterstand. Die diens behoort weer teen die einde van die week normaal te wees.
More
News
|