Satansmoord-verdagtes na Pollsmoor verskuif
2006-12-07
DIE vier verdagtes van die grumoord op ’n kerkman, is verlede week vanaf die Allandale-gevangenis oorgeplaas na die Pollsmoor-gevangenis, nadat ’n Hooggeregshofdatum vir hul verhoor vasgestel is.
Die Keniaan Ewans Marani staan saam met Selwyn Adonis, Anil Farao en Edwill Gerber tereg op die aanklag van moord op Charles Jacobs op 31 Oktober 2005.
Jacobs is wreedaardig gemartel voordat hy met ’n tuinvurk doodgesteek is in die Mormoonse Kerk in Klein Drakensteinweg, waar hy as opsigter gewerk het. Die saak sal 30 Julie volgende jaar in die Kaapse Hooggeregshof verhoor word.
* Clifford Norval wat verdink word van die moord op ’n straatwerker, Ellenor Leander, op 1 April vanjaar, het verlede week weereens in die Paarl Streekshof verskyn, nadat hy ’n geruime tyd gelede vir sielkundige waarneming na Valkenberg verwys is.
Norval kon egter steeds nie in die hospitaal opgeneem word nie, weens ’n tekort aan beddens.
Hy beweer dat hy geen kennis dra van die gebeure van die noodlottige aand toe Leander negentien keer met ’n ornamentele dolk doodgesteek is nie, en dus kan hy nie rekenskap neem van die gebeure nie.
Die landdros, Anna-Marie Immelman, het beveel dat hy vir waarneming weggestuur moet word om vas te stel of hy sielkundig geskik is om tereg te staan.
Tans is Norval agt-en-twintigste op die lys van pasiënte wat vir ’n bed by Valkenburg wag.
* The men accused of the murder at a Paarl East church have been transferred to Pollsmoor prison.
More
News
|