Planne met hokkieveld
2006-12-07
’n GROEP van 400 grondeisers in die Paarl het Maandagaand die versekering van twee Wes-Kaapse ministers en die grondeisekommissaris gekry dat hulle hul grond wat in die Apartheidsjare onteien is, gaan terugkry.
Die eis gaan oor erf 11407, wat op die oomblik as hokkieveld gebruik word deur Hoërskool La Rochelle.
Minister Marius Fransman (Openbare Werke) en Minister Cameron Dugmore (Onderwys), asook Grondeise-kommissaris Beverly Jansen, het die gehoor verseker dat planne vinnig vorder om die grond aan hulle terug te gee.
Die twee ministers sou Dinsdag ’n brief aan die kommissaris stuur waarin hulle hul voorneme bevestig.
Aanvanklik sou daar ook Maandagaand ’n Memorandum van Voorneme geteken word, maar daar is besluit om dit tot ’n later datum uit te stel, wanneer die nasionale minister ook teenwoordig kan wees.
Intussen sal Dugmore met die beheerliggaam van die skool vergader om die proses te bespreek, asook opsies vir die skool.
Hy het gesê dit sal tot almal se voordeel wees om die saak buite die hof te skik.
’n Taakspan bestaande uit die betrokke rolspelers sal die proses nou verder neem om die grond te ontwikkel.
* The land currently used for the La Rochelle hockey field is to be transferred to land claimants.
More
News
|