Tuinvrou se moordenaars sit lank
2006-12-07
GEEN familie, nie van die vermoorde Wanda Neethling van Wellington, of van die twee moordenaars uit die New Rest woongebied naby haar kleinhoewe, was verlede week in die hof toe stewige vonnisse opgelê is nie.
Lulu Baba (22) en Wandesile Sitoto (20) het emosieloos voor hulle uitgestaar in die Kaapstadse Hooggeregshof toe hulle onderskeidelik tot 24 jaar en 22 jaar gevangenisstraf gevonnis is.
Wanda (48) is in Maart verlede jaar vermoor deur die twee mans, wat voorheen kortliks in die tuinspan by haar inheemse boomkwekery gewerk het.
Die beskuldigdes het geweet dat haar vier kwaai rifrug-honde net met geweervuur afgeskrik kan word.
Baba het met ’n gesteelde pistool skote gevuur en saam met Sitoto hul slagoffer in haar motorhuis op die kleinhoewe Lowanee langs Lady Lochweg aangeval.
Sy is met ’n mes in die hart gesteek en met ’n roeispaan doodgeslaan.
Die polisie het die spore van die verdagtes gevolg en twee uur later is hulle by hul wonings in hegtenis geneem.
’n Derde verdagte het getuig dat hy op die toneel was, maar met die afvuur van die skote weggehardloop het. Hy is nie aangekla nie.
Baba was met die moord op borgtog van R350 op ’n aanklag van poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen.
* Die moordenaar van Lisbé Smuts (47), wat ’n maand voor Wanda in haar woning in Burgstraat, Wellington aangeval en vermoor is, is verlede week gevonnis.
Elton John Lourens (29) sal 25 jaar agter tralies sit.
* The murderers of two well-known Wellington women - Wanda Neethling and Lisbé Smuts - have been sentenced to long terms in prison.
More
News
|