Bouprojek beoog in Groendal
2006-12-07
VIER Franschhoekse entrepreneurs het onlangs kragte saamgesnoer om hul eie maatskappy te stig in konstruksie, toerisme en beleggings.
Die maatskappy, bekend as Global Pact Trading 326, se direkteure is personeelmakelaar Wilfred Moses (besturende direkteur), sekuriteitskenner Piet Muller (verantwoordelik vir konstruksie), dranklisensiekonsultant Jacob Hoffman (verantwoordelik vir toerisme) en vervoersakeman Peter Jephta (verantwoordelik vir belegging).
Die maatskappy se eerste projek behels die oprigting van ‘n dubbelverdiepingkompleks oorkant Groendal Laerskool, met ‘n Sportscafé en kantoor op die grondverdieping met vier klein woonstelle op die eerste vloer. Daar is groot belangstelling in die woonstelle.
Volgens Muller is die Sportscafé vir ‘n eksklusiewe mark bedoel wat ook toeriste sal lok.
Verdere projekte word ook in die omgewing beplan.
More
News
|