Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vakante poste skep dreigende krisis

Vakante poste skep dreigende krisis
 
2006-12-07


AAN die einde van die akademiese jaar verkeer vele skole in die vallei in die duisternis en is talle skoolhoofde nog onseker oor aanstellings by hulle skole.

Dit kan daartoe lei dat skole met die heropening van die nuwe skooljaar, nie volstoom aan die werk kan spring nie.

Vakante poste en die wurgende dienstestaat by skole, verhoog die werkdruk van die beskikbare personeel sodanig dat dit aan slawerny grens, het een leerkrag gesê.

Volgens skoolhoof, Lynley Truter van Newton Primêr, sukkel hulle om beheerraadposte oop te hou en kry swaar.

“As ons dit egter nie dra nie, dan weet ek nie hoe leerkragte hulle werklas van byna 60 leerlinge en soms meer in ’n klas gaan hanteer nie.

“Dis ’n nagmerrie as dit gaan om beplanning vir die nuwe skooljaar wanneer ons nie weet hoe ons dienstestaat daar gaan uitsien nie.
Ons moet ons laat lei deur die onderwyser/leerling-ratio van 39:1 in ’n klas,” sê hy.

“By dié skool is ses beheerraadposte geadverteer vir die nuwe akademiese jaar. Die ad hoc onderwyspos wat in 2006 gevul was, is nou aan die einde van die skooljaar afgeskaf.

Hierdie tipe onderwysposte is ’n vergunning van die Onderwysdepartement om personeeltekort-druk te verlig maar is slegs geldig vir ’n jaar,” het hy gesê.

Volgens hom gaan hulle eenstrykdeur gedurende die vakansie moet sit om aanstellings rondom poste af te handel en te probeer om so na as moontlik aan die onderwyser/leerderratio van 39:1 te probeer hou.

By Noorder-Paarl Hoërskool word vier beheerraadposte geadverteer. Volgens skoolhoof Mirinthea Maasdorp het die skool gekwalifiseer vir een ad hoc-pos volgende jaar.

“Die ding lol as dit gaan om die vervanging van ’n spesialis-pos soos vir wiskunde, kuns of musiek. Die kunsonderwyser het juis einde vanjaar klaargemaak, en ek sit nog met die hande in die hare om hierdie vakante pos begin volgende jaar te vul.

“Dit sal seker tot diep in volgende jaar wees, want die vakante poste word slegs twee maal per jaar in die onderwysbulletin geadverteer,” het sy gesê.

Skoolhoof Ernest Johannes by Dalweide Primêr het gesê dat daar geen botallige poste by sy skool is nie, maar dat twee beheerraadposte geadverteer word.

By New Orleans Sekondêr word vyf beheerraadposte en een ad hoc-pos geadverteer.”

“Ek kan onmoontlik die skool suksesvol bedryf met die bestaande dienstestaat,” het skoolhoof Dennis von Willingh gesê.

“Dís waarom daar so baie beheerraadposte geadverteer word. Die departement trek die mat onder jou voete uit.”



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za