Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tweekamper eindig jaar met 'n rekord

Tweekamper eindig jaar met 'n rekord
 
2006-12-07


DIE laaste Boland Tweekamp ligabyeenkoms vir die eerste helfte van die 2006/2007 seisoen is Saterdag by Hoërskool Paarl Gimnasium gehou.

Suzaan Broodryk van die Laerskool Paarl Gimnasium was die grootste uitblinker van die dag en het die Boland-rekord in die meisies o.13 afdeling verbeter.

Daarby was die kompetisie tussen Luan van der Vyver (Laerskool Hugenote) en Barnu Botha (Laerskool Paarl Gim) in die seuns o.11
afdeling ook een van die kompetisiehoogtepunte.

Indien dié twee mekaar verder die seisoen so opdreun, gaan nog ’n Boland-rekord ook in die slag bly.

Morné Louw van Paarl Gimnasium het in die o.15 afdeling ook sy beste tyd dié seisoen behaal.

Die volledige uitslae is: (seuns) o.9 1. Hugo Slabber (L/s Hug) 2. Johannes Jonker (B’vale) 3. Henry le Roux (B’vale). o.11 1. Luan van der Vyver (L/s Hug)) 2. Barnu Botha (L/s P/Gim) 3. Francois Moller (Courtrai). o.13 1. Stefan Morkel (L/s P/Gim) 2. Wion Robbertse (C’dal) 3. Louis Aucamp (L/s Malm). o.15 1. Morné Louw (P/Gim) 2. Bennie Fourie (Malm) 3. Frikkie Bruwer (HJSP). o.17 1. Burger Symington (P/Gim) 2. Milton Buys (Hug Hoër) 3. Dirk Smit (Hug Hoër). o.19 1. Edrich Burger (Boland Landbou) 2. Johnatan Nel (P/Gim). (Meisies) o.9 1. Alexa Haasbroek (L/s P/Gim) 2. Nicolene van der Vyver (L/s Hug) 3. Bianca de Wee (L/s P/Gim). o.11 1. Janeke Malan (L/s P/Gim) 2. Juletha-Marie Dercksen (L/s Eikestad) 3. Kyla de Wee (L/s P/Gim). o.13 1.Suzaan Broodryk (L/s P/Gim) 2. Hanré van der Vyver (L/s Hug) 3. Marikie Bruwer (Courtrai). o.15 1. Rozaan Watts (Hug Hoër) 2. Erika Beukman (B’vale). o.17 1. Barbara Sandiford (Hug Hoër) 2. Elana Moolman (Hug Hoër), o.19 1. Celia Bekker (Robertson) 2. Elana Moolman (Hug Hoër).

Die volgende byeenkoms word op 20 Januarie by Hoërskool Robertson gehou. Ná die byeenkoms word die Boland-span gekies wat op 3 Februarie op Oudtshoorn aan die inter-povinsiale byeenkoms sal deelneem.

Belangstellendes kan vir Marié Briers-Louw (082-553-2577) of Len Symington (082-875-2257) skakel.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za