Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skool steeds sonder hoof

Skool steeds sonder hoof
 
2006-12-07


MET die amptelike sluiting Vrydag van die akademiese skooljaar vir kinders, het Groenheuwel Primêr in Paarl geen amptelike senior bestuurspan gehad nie.

Die skool is vir die afgelope jaar bestuur deur Ivan Samaai, voormalige skoolhoof by New Orleans Primêr, asook ’n tyd lank deur die adjunk, Chris Jacobs, in waarnemende hoedanigheid.

Volgens die leerdertal van oor die 930 kinders kwalifiseer die skool se diensstaat vir ’n prinsipaal met adjunk plus vier departementshoofde (die poste is almal vakant).

Groenheuwel Primêr het drietalige onderrig (Engels, Afrikaans en Xhosa). Dit het aan die begin van die jaar as die enigste nuwe skool in die Wynlandstreek geopen om in die nypende tekort aan onderrig vir kinders van die nuutontwikkelende woongebied in Groenheuwel, Smartietown en Fairyland te voorsien.

Die enigste ander skole in die onmiddellike omgewing is Dalweide en Daljosafat Primêre Skole. Dalweide is vol en Daljosafat bedien hoofsaaklik kinders uit die landelike Bo-Dalgebied.

Kinders uit dié omgewing moes die ander naaste primêre skole in Mbekweni gaan bywoon en hul veiligheid waag om die besige Jan van Riebeeckweg oor te steek wat Paarl en Wellington verbind.

In Januarie het Ivan Samaai (wat reeds afgetree is) gesê dat hy slegs die skool in die interim vir twee kwartale sou bestuur totdat die nuwe prinsipaal aangestel kon word.

Hy het reeds die vorige jaar die einde van sy dienstydperk as prinsipaal by New Orleans Primêr voltooi, maar is teruggenooi uit aftrede om diens te kom doen by die skool.

Hy is egter versoek om tot die einde van die jaar uit te help omdat ’n hoof steeds nie aangewys is nie.

Die adjunk, Chris Jacobs, het vir ’n tyd lank die skool bestuur maar het intussen ’n dosentskap by die Wellington-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie aanvaar.

Die vakante senior poste van skoolhoof en adjunkhoof is vroeër in die Onderwysbulletin geadverteer.

Die kortlyskandidate het almal bevorderingsaanstellings elders gekry nadat die proses vertraag is weens ’n dispuut, en die hele aanstellingsproses moes daarom herhaal word.

Nou word gehoop dat die Onderwysdepartement uitsluitsel sal gee voor die einde van die jaar sodat die gemeenskap kan weet wie die senior bestuurspan by die skool vir die nuwe akademiese jaar is.

* One year after it opened, the Groenheuwel Primary still lacks a principal.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za