Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vuurwerkvertoning ’n groot probleem

Vuurwerkvertoning ’n groot probleem
 
2006-12-07


ONS nader weer die einde van die jaar, en talle mense sal seker weer oudergewoonte op oujaar in die strate naby ‘n sekere vyfster hotel in Suider-Paarl hul plek inneem om die vuurwerkvertoning te aanskou, piekniekmandjies en al.

Asemrowend, ja, maar ook (permanent) asemrowend vir die voëltjies wat die volgende oggend dood op die sypaadjies aangetref word, soos in die verlede.

En wat van die talle ander diere, soos byvoorbeeld honde wat kortasem ronddraai, en probeer wegkom van die “bomme” wat hier in hulle ore afgeskiet word, ten spyte van die feit dat hul eienaar hul die nodige pilletjies gegee het om kalm te bly.

Elke jaar moet hulle die foltering deurgaan vir die voordeel van ‘n paar mense wat oe! en aa!

Maar lank na die paar uitroepe van ekstase, en as almal reeds daarvan vergeet het, net soos met ‘n tsunami, is die spore van verwoesting nog steeds sigbaar. Honde is doodgery toe hulle probeer wegkom het, oor mure gespring, deur glasdeure gebars, of sit totaal en al getraumatiseer iewers in ‘n hoekie.

Luister maar net na al die stories, luister na hoeveel mense op soek is na hul geliefde troeteldier of gaan kyk maar net by die SPCA.

Ons het mos ons demokratiese reg, maar wat van hulle wat nie kan praat of skree, om vir ons te sê hoe bang hulle is nie.

Hulle is ons stapmaats, ons vriende, die een wat elke aand as ons
lekker lê en slaap, ons beskerm teen gevaar.

En hierdie jaar, asof die oujaar kaskenades nie genoeg is nie, is geadverteer (Paarl Post 23/11/2006) dat daar nog ‘n “asemrowende” vertoning beplan vir ‘n troue op 2 Desemder.

En met die goedgekeurde papierwerk reeds onder die arm, verstaan ek van een van die werknemers (ook glo ‘n diereliefhebber, maar gelukkig is die individu se honde veilig en rustig aangesien hulle nie in die Paarl woon nie), dat ons op hierdie stadium niks aan die saak kan doen nie.

Aan almal wat reeds beplan wat om in die piekniekmandjie te pak vir hierdie geleentheid, spaar asseblief ‘n oomblik vir dié wat dit nie sal oorleef nie, en wat nie getrou op hul pos sal wees die volgende dag nie - hy het dit nie gemaak nie - en oorsaak van dood - not in the line of duty - maar wel ‘n bomontploffing met die skuilnaam Fireworks!

Anti-Fireworks



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za