Boland Omnium-reeks in pylvak
2006-12-07
DIE Boland Fietsry Unie bied Saterdag die vierde en laaste been van sy Omnium Baanbyeenkoms-reeks aan.
Die aksie begin om 14:00 by die Faure Stadion, met inskrywings wat reeds vanaf 12:30 gedoen kan word.
Ryers het oor die afgelope drie byeenkomste punte ingesamel in die onderskeie items en sal Saterdag ’n laaste kans hê om as die algehele wenner in hul ouderdomsgroep aangewys te word.
Die byeenkoms sal ook een van die laastes wees waar ryers hul vorm kan slyp voor die begin van die feestyd se groot byeenkomste later vandeesmaand.
Toegang vir toeskouers is Saterdag gratis en ondersteuners kan gerus vir hul gunsteling ryers kom aanmoedig.
More
News
|