Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos sukkel teen Hermanus

Paarl-Oos sukkel teen Hermanus
 
2006-12-07


DIE kolwers van GM Thorp Paarl-Oos Krieketklub se eerste span het Saterdag hul weer eens blind gestaar teen ’n klein teiken en so in die hek geduik.

Op Hermanus het die tuisspan ’n skamele 129 aangeteken voordat die laaste paaltjie in die 48ste beurt gekantel het.

Hermanus se Wallace Albertyn (43) en A van Niekerk (21) het die grootste tellings aangeteken.

Die besoekers het ’n soliede vertoning met die bal asook in die veld
gelewer, met Waylin September (4/47 na 15bb) en Randall George (2/13 na 8bb) wat die paaltjies oes.

Dit was ook ’n goeie dag vir die Paarlse paaltjiewagter, Wilton van Neel, wat twee vangkanse agter die penne benut het en ook die paaltjies gebreek het, tydens twee uitlope.

Van Neel (40nun 4x4 6x2) was ook die grootste uitblinker onder ’n rits kolwers wat met groot houe die nederige teiken wou behaal.

Morné de Vries (18 4x1) en Jackie Daniels (17 4x2) was die ander voorste lopiemakers.

Die besoekers is in die 41ste beurt uitgeboender vir 109.

Albertyn (5/24 na 13bb) het onder die kolwers gemaai nadat hulle keer op keer na sy opwip-aflewerings gespeel en ’n kolfrandjie bygekry het. D Charles (3/17 na 10bb) was die ander bouler wat suksesvol was.

In die Paarl kon selfs ’n swetterjoel lopies nie vir Paarl-Oos II ’n oorwinning verseker nie.

Die tuisspan moker 353/3, danksy ’n skitterende beurt van 202 deur Manfred de Kock.

De Kock, wat die afgelope ses weke nie klubkrieket gespeel het nie weens werksverpligtinge, se beurt het 31 grenshoue en twee sesse ingesluit.

De Kock wou eers aan sy vorm skaaf in ’n tweederang-wedstryd voordat hy weer vir die eerste span in aksie is.

Sy uitblinkvertoning sal sekerlik daartoe lei dat hy Saterdag in die wedstryd teen Young Peoples Krieketklub vir die eerste span uitdraf.
Veral aangesien die top kolforde in dié span op Hermanus gefaal het.
Jenovan Adams (92 4x12, 6x1) en Dane Schoor (44nun 4x4) was die ander kolwers wat hul ritme gevind het.

Hermanus (176/9) was nooit in ’n posisie om ’n wentelling te jaag nie en het net bly klou aan hul laaste paaltjie. W van Vuuren (62 4x6) en Van Rooyen (27 4x4 6x1) het met goeie tellings gespog.

Die tuisspan behaal dus ’n wen-gelykop-uitslag.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za