Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Tennisklub se mans doen dit weer

Wellington Tennisklub se mans doen dit weer
 
2006-12-07


DIE eerste manspan van die Wellington Tennisklub het dié seisoen voortgebou op sy sukses van verlede jaar.

Dié span, wat in die 2005 seisoen die De Wet liga gewen het, het vanjaar ook koning gekraai in die hoër Thurston liga.

Die span het al sy wedstryde gemaklik gewen en so die liga-trofee verower.

Die klub word dus vir die tweede agtereenvolgende jaar bevorder en sal volgende jaar in Boland se DD Joubert liga speel.

Vyf van die spelers is beloon vir hul goeie vorm vanjaar, en is in die Boland-Sentraal span opgeneem. Die spelers is Erik Bester, Bennie van der Merwe, Rossouw Brumer, James Fourie en Hennie van der Spuy.

Die oplewing by Wellington Tennisklub word gedeeltelik toegeskryf aan die tenniskultuur wat opgebou word deur die afrigting van Erik Bester en Linette Emslie.

Spelers wat belang stel om by die klub aan te sluit, kan Erik Bester skakel by 083-285-7602.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za