Bergrivier sukkel
2006-12-07
’n GESONDE telling opgevolg deur goeie boulwerk het Saterdag op sy tuisveld vir Malmesbury ’n gedugte teenstander gemaak vir Bergrivier Krieketklub.
Die tuisspan het 238 in sy 60 boulbeurte aangeteken, met Craig Meyer (67 6x1) en Ian Gray (63 4x9) wat goed kolf.
Lee-John Hoffman (4/48) en Lee-Trevino Hoffman (2/11) was Bergrivier se beste boulers.
Vyf been-voor-paaltjie-beslissings het Bergrivier se kolforde lam gelê en hulle nooit in staat gestel om die teiken te haal nie. Hulle byt egter vas vir die onbesliste uitslag.
Charlton Manuel (40 4x7) het lopies gekry, terwyl Eaton Petersen (27nun 4x4) en Nathan Thomas (7nun 4x1) goed vasgeskop het.
Op Weltevrede Park het Bergrivier II korte mette gemaak met hul Malmesbury eweknie.
Die Swartlanders kon nie ’n verwoestende boulaanslag van Ryan Mouton (5/16) en Kurt Carolissen (4/33) afweer nie en is uitgeboender vir ’n skamele 49.
Sheldon Januarie (33 4x5) en Percy Williams (14) het die formaliteite afgehandel en Bergrivier met 10 paaltjies laat wen.
Bergrivier I (tuis) en II (weg) speel eers weer op 6 Januarie teen Worcester United.
More
News
|